Trixi se Spoegblad











{September 27, 2012}   Mense en hul dinge

Ek blog bitter min, so as ek hier opdaag is ek heel moontlik lekker bedinnes…

 

Loop vandag in Greenacres en die vrou voor my loop n swart vrou raak wat saam (of vir) hulle gewerk het jare terug. Sy is so bly om die vrou te sien en groet. Die vrou se dogter is by (seker so 25), sy vra haar dogter – “Onthou jy vir Smiley”… Die dogter kyk om, maar stop nie eers nie, bly aan stap. Kyk die swart vrou op en af, trek haar neus op vir die swart vrou, gee haar ma n vuil kyk en se’ net NEE. En loop verder. Haar ma het nie geweet hoe om op te tree nie.

 

Hoe op dees aarde gaan ons in Suid Afrika oor die weg kom as die witmense nie begin besef dat ons almal MENSE is nie. Daai jong ‘vrou’ sou nie n wit ‘tannie’ so behandel het nie. Maar omdat dit n swart vrou is het sy nie eers die ordentlikheid gehad om haar as mens te behandel nie.

 

Daai swart vrou het kinders nes sy, en het HEEL waarskynlik n beter hart as sy.
Hoe lank gaan ons nog vas kyk aan watter vel kleur, watter seksualiteit, watter geloof mense het??  Ek het vandag koffie gehad saam met die oulikste, mooiste swart meisies. Wat n lekker tyd het ons nie gehad nie? En as ek met my beste vriend wat toevallig n swart gay man is gaan inkopies doen of gaan koffie drink, is die kyke wat ons kry eintlik snaaks. Maar eintlik is dit NIE snaaks nie. Solank ons nie verby ons vel kleure kyk nie, gaan ons NOOIT oor die weg kom in die land nie.

 

Ek is sommer net omgekrap vandag. Lus en skud mense…

 

 



{June 23, 2011}   Ai toggie

Ek is so siek soos n hond van die medikasie. Gewoonlik vat dit eers so 2 weke om regtig ‘te werk” en beslis voor ek resultate sien. Ek het Saterdag begin en dit werk al reeds. Ek het meeste van die nag voor die toilet deur gebring. Dit maak my so vrek naar ek wil iets oorkom.

Arme Leon moet vanoggend so moeg wees, want hy is ook kort kort wakker omdat hy bekommerd is oor my. Wens ek kan hom op sy gemak stel, maar hoe doen ek dit as ek voor die toilet deur bring heel nag.

Ek weet die goed moet uitwerk maar dit veroorsaak vreeslike pyn, krampe en die naarheid. Maar ek moet nou deur druk en net aanhou positief wees. Terwille van myself en ter will van Leon. Hy het nie nog die stres ook nodig nie.

Ek wil vandag die homeopaat gaan sien. Ons altwee is bekommerd, want die pille gee my basies ‘n aborsie’ elke keer om die bindweefsel te verwyder. As ek dit 3 maande moet gebruik wat gebeur as ek intussen swanger raak? Sy gaan moet verduidelik en raad gee. Gelukkig is sy n baie oulike mensie en ons hoop maar sy het raad vir die hele situasie.

Hier is baie werk om te doen by my werk op die oomblik so ek kan nie eers by die huis bly nie so laat ek ophou nonsens praat en aan die werk spring.



{June 22, 2011}   Lewe en liefde

Ek sit vanoggend en dink ek moet maar net my kop skoon kry. Daar gaan soveel dinge aan in my lewe dat ek nie altyd weet hoe om by te hou nie.

 

Ek is verloof aan die wonderlikste man op aarde en is so gelukkig om hom in my lewe te he. Ek is GESEEND! Hy behandel my soos n prinses, voorsien in al my behoeftes en ek kan nie vir beter gevra het nie.

So dis nie my eie lewe wat my ongelukkig maak nie, dis ander mense en omstandighede…

1. Vrydag het ek gehoor dat die kankerselle in my baarmoeder terug is. Ek is glad nie negatief oor dit nie, ek weet ek gaan dit weer wen. En L het dadelik begin werk maak om my op sy medies te kry sodat as dit gevaarlik raak ek vir behandeling kan gaan. Maar vir nou is ek besig om die homeopaat se goed te gebruik en te probeer swanger raak voor hulle alles wil verwyder. Dit sit my en L onder baie druk. Ek wil nie nog ekstra druk op hom plaas nie. Ek bid net dat ons gou swanger raak. Ons trou Desember, eers wou almal ons druk om vroeer te trou sodat die baba en die medies ‘reg’ kan geskied. Maar dis ons sake… En hy wil sy familie hier he wat net in Desember kan af kom PE toe, so ek gaan hom nie beroof van dit nie.

 

2. My ma is kwaad vir my al van Donderdag af oor n simpel onbenulligheid. Na ek haar n sms gestuur het dat die kanker terug is, het ek n sms van haar gekry dat sy vir my bid. Net dit. Sondag het ek gebel om geseende Vadersdag vir my stiefpa te se’. Sy het geantwoord en was baie styf met my. Daarna het sy die foon vir die oom gegee. Later het sy gebel oor besigheid en net so terloops gese’ dat sy my nie gebel het nie omdat sy emosioneel was. Maar dit was Vrydag, so in die afgelope week was sy nog so emosioneel dat sy my nie kon vra hoe ek voel nie??? Wat my planne is? NIKS!!!!!!!!! Maar sy was nie te emosioneel om oor geld te praat nie. Dit maak VREK seer. Tot my pa wat nou nie juis n belangrike deel van my lewe is nie, het dadelik gebel om te hoor hoe ek voel en het soos n baba gehuil. Hy het so gehuil dat ons nie met mekaar kon praat nie. Maar my ma kan nie vra hoe ek voel nie????????????? Ek wil haar bel maar weet regtig nie wat om vir haar te se’ nie.Gepraat daarvan, die res van my familie het ook nou nie regtig hul ondersteuning gebied nie. Gelukkig het ek wonderlike vriende in my lewe.

 

3.  My vriendinne is in 2 groepe. Die “Engelse” groep en die “Afrikaanse” groep. Vandat ek verloof is aan my Engelsman is die Afrikaanse vriendinne ‘snaaks’. Niemand weet hoekom nie. Die een het gister vir my gese’ sy wil nie meer my vriendin wees nie want ek is liewer vir die ander vriende. Sy het sommer haar facebook delete wat ek dink n goeie ding is. Want elke liewe status update wat ek maak dink sy is op haar gemik. Ek het nie tyd vir die nonsens in my lewe nie. Daar is net te veel dramaqueens in my lewe. Dis tyd dat ek ontslae raak van hulle. Presies hoe weet ek regtig nie maar so kan ek darem ook nie aangaan nie. Hulle steel my vreugde…



et cetera